Sterfbed
Ons het rondom jou bed gestaan.
Die bloeiende pyp in jou neus
het die waarheid weggegee,
hoewel ons almal dit geweet het.
Ook jy het dit geweet en daarom
was ons jou genooide gaste
om met nat wange vir oulaas te kom groet.
was ons jou genooide gaste
om met nat wange vir oulaas te kom groet.
Maar eers moes ons brood breek.
‘n Druppel, ‘n krummel,‘n gebed
is al wat jy kon inneem.
is al wat jy kon inneem.
En toe jy jou oë sluit,
was dit nie om te sterf nie.
In hortende, stotende sinsnedes
wat God afpleit op vrou en kind,
en eer gee vir geleende tyd,
het jy Jesus voor my oopgebreek.
