Wat sal mens nou daarvan sê
oor die vrou wat by haar lewensmaat wil lê?
Dit is deesdae polities korrek
om jou nek styf te verrek
oor hierdie onreg aan ‘n mens
wat wil leef met ‘n normale liefdeswens.
Ongelukkig nou vir hierdie vrou
wat met haar maat ‘n toekoms wil bou,
is haar lewenstaak by die kerk
en daar lei Die Boek baie sterk:
Vas staan die fundamentele beginsel
wat alle teenspraak en afwykings tot die dood verstil.
Al skryf die grondwet oor seks ook wat -
hierdie vrou en haar maat sal die pad moet vat,
want die Bybel leer oor man en vrou wat die huwelik eer
en gay seks oor die veroordelaarskam skeer.
Of so lyk dit.
Wat in die hart van God se droom sit
is mense in diep lewensverhouding:
die spieël van gelowige aanbidding
en die toonbeeld van ‘n gesonde samelewing;
gesinne gebind deur verbondsdoop en trouring.
Wat sal mens nou daarvan sê
oor die vrou wat by haar lewensmaat wil lê?
Dit is waar dat hulle nie ’n Bybelse gesin kan wees;
sal ons nie maar die Skrif anders begin lees?
0 comments:
Post a Comment