Latest Articles

2011-11-02

AFRIKAANS POETRY: Huisie in 'n grot

Ek het 'n huisie in 'n grot,
dis nag.
My hart voel vandag verrot -
gee my weer krag!

Die ritme van die lig is weg.
Ek kan nie meer die gevoel beveg
wat die glimlag wil verdoem
en jou tot vreemdeling benoem.

Bring tog vir my 'n laatnag kospak
en ek bly in my grot, al vretend en swak.

0 comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts with Thumbnails