Ek het die sinodesitting van die Wes-Kaapse sinode van die NG Kerk bygewoon. Ek het ook ten gunste van die voorstel gestem dat ons as sinode Belhar as belydenisskrif onderskryf en dat ons die Algemene Sinode versoek om die proses aan die gang te sit om dit 'n belydenisskrif van die NG Kerk te maak.
As iemand komende uit die noorde van die land (oud-Tukkie en alles), het ek destyds in die Kaap aangekom met 'n voorbehoud of Belhar werklik die toets van 'n belydenisskrif kan deurstaan.
Toe gebeur die land. En die armste van armes ly die ergste onder korrupsie, swak dienste en die inploffing van 'n regering wat hierdie mense se belang moet verteenwoordig. En ek gesels met VGK predikante en ek leer dat hulle dieselfde stryd as ons vir geregtigheid stry - want dis kleurblind. En ek bespeur by heelwat van hulle 'n stuk ontnugtering omdat hulle teen apartheid baklei het en nou van voor af moet stry vir die sake waaroor Belhar gaan.
Tydens die sinode-vergadering is gesê dat 'n belydenisskrif die sterkste getuienis is wat 'n gereformeerde kerk kan verwoord oor die konteks van die dag en hoe God daaroor sou voel. Dit val ook op dat al meer gereformeerde kerke wêreldwyd Belhar onderskryf (PCUSA, RCA, CRCNA, PKN, en nog ander), kerke wat nie ons struggle konteks ken of deel nie, maar die tydlose waarheid snap van God se mededoë oor geregtigheid en omgee vir magteloses. Belhar gee boonop vir ons 'n nuwe stem in 'n kapitalistiese wêreld van magsvergryp en ekonomiese uitbuiting. Belhar wys daarop dat die wêreldsisteem waarmee ons tans leef, die kapitalistiese verbruikerskultuur inherente foute het wat nie vanself gaan regkom nie. Arm mense is nie arm of werkloos omdat hulle lui is of te veel drink nie. Hulle is arm gebore en verdoem om daarin te leef, want daar is geen manier waarmee hulle hulself daaruit gaan vrymaak nie.
En dan help Belhar ons ook om as gelowiges by ons broers en susters wat nie kan praat nie, te staan. Dit help ons om medegelowiges wie se waardigheid weggeneem is deur hulle armoede-konteks, op te tel en namens hulle te sê God het hulle gelyk gemaak met elke ander mens. En in ons konteks is dit 'n tweesnydende swaard wat ons getuienis as gereformeerde kerk teenoor die uitbuiting van 'n integriteitlose sisteem sterker maak. Belhar is inderdaad 'n tydige belydenisskrif.
Daarom moet ons Belhar aanvaar. Ons moet met die VGK verenig. Dit help die NGK om deel te word van die oplossing vir die probleme en nood van ons land. Dit versterk ons belydenis oor die sonde van apartheid (nie omdat ons moet aanhou vergifnis vra nie, maar omdat ons inderdaad verander het). Dit gee ons 'n nuwe stem in 'n land wat radikaal anders lyk as twintig jaar gelede.
Die hartseer van die afgelope week se sinode is egter dat die NG leierskap nie dieselfde hartlikheid aan hul twee kleiner susterskerke, die NG Kerk in Afrika (NGKA) en die Reformed Church in Africa, getoon het nie. Dié twee kerke het gevra om nou al met die NG Kerk een te word, maar die NG Kerk het die proses met hulle uitgestel totdat die VGK eers aan boord is.
ReplyDeleteDit kan die indruk skep dat die twee kleiner kerkverbande opgeoffer is ter wille van die proses met die VGK. ’n Geleentheid vir eenwording is hier gemis.
-Uitreksel uit Rapport 2011-
As mens politiek in die kerk insleep word baie eerbaarheid opgeoffer. -Hos 6:6 Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie....