Latest Articles

2011-12-01

Afrikaans Poetry: Vergifnis

Vergifnis
16-4-2004


Vergifnis is jou nie beskore nie.
Jy leef in ‘n wêreld van voorwaardes
en teenprestasies vol fyn skrif
waaraan geen siel kan voldoen nie.

Een enkele fout -
of dalk twee –
want dit maak nie saak hoeveel keer
mens terugkruip
soos ‘n hond op soek
na goedkeuring -

en vir die res van jou lewe
hou jy boek van die kwaad.
Selfs nie eens, ek is jammer
en alles opreg wat dáármee saamhang,
gaan my bladsy vir jou omblaai nie.

Die hel waarin ek leef
is jou Eden ... Gaan, dan.

0 comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts with Thumbnails