We reformed Christians gave away the Holy Spirit to the charismatics, the cross to the Catholics and now we're stuck with only the church fête."
I am an internet missionary. With God's grace I live this reality in His footsteps. With God's wisdom I live to be a virtual witness to His greatness.
2009-02-23
Quotable comments: WE GAVE AWAY THE SPIRIT AND THE CROSS
We reformed Christians gave away the Holy Spirit to the charismatics, the cross to the Catholics and now we're stuck with only the church fête."
2009-02-21
AFRIKAANS SHORT STORY - A NEW TAKE ON THE GOOD SAMARITAN
Enigeen wat die lang pad Gauteng toe van die Kaap af per motor aanpak, weet dat dit 'n hele projek op sy eie is. Die besluite wat voor die tyd geneem moet word, neem ure se beplanning in beslag. Natuurlik maak dit nie saak dat dit die derde rit op transvaal toe is vir die jaar nie: as mens familie het wat maklik uitstres oor elke detail, dan sit jy maar sugtend om die tafel en vind weer die spreekwoordelike wiel uit.
Gelukkig was hierdie keer anders. Ouma is oppad terug huis toe nadat sy 'n jaar by ons gebly het. Ons beplanning het hierdie slag ingesluit hoe ons haar motor en meubels gaan terugkry in Rustenburg. Die motor was maklik – ons het 'n familielid met 'n vliegtuigkaartjie omgekoop om Kaap toe te kom vir 'n gratis vakansie. En dit was na baie sommetjies die beste om buurman se sleepwa te leen. Ek kon nie te veel brom oor die lysies en middernagtelike gang-staan beraadslagings nie. Oor een ding het ek egter vasgeskop. My kar weet hoeveel petrol hy nodig het. Ek gaan nie vooraf van vol tenk tot vol tenk ry en sommetjies maak om die petrolbegroting op die sent uit te werk nie.
"Moenie by my kom huil as jy sonder petrolgeld sit nie!" is ouma se leedvermakerige woorde as ek knorrig raak.
Dis lekker om 'n langpad so vroeg in die oggend aan te pak. Nie alleen kom mens dieselfde dag nog anderkant aan nie, die kinders raak eers teen middagete hiperaktief en teen die tyd dat mens reg is om hulle te vermoor, is die ryery afgehandel. Dis dan ook so met ons rit Rustenburg toe. Die kinders is laat genoeg in die bed gesit om nie wakker te raak toe ek hulle kar toe dra nie; en die brandstoftenk is gevul met die nodige. Toe die kar op spoed kom, is dit duidelik dat die sleepwa nie om die naaste draai gaan kantel of in die Hugenotetonnel sy vrag gaan afgooi nie. Op Laingsburg kry ons selfs bestuurders geruil sonder dat my spruite hulle koppe oplig.
Met Ouma agter die stuur begin die moeilikheid.
"Is hier nog genoeg brandstof in?" kom die vraag na tien kilometer.
"Die kar is dan net onder half, Ma!" Ouma se lyftaal wys dat sy nie saamstem nie. Ek sak terug teen die venster en probeer desperaat nog slaap inkry. Kort voor lank word die vraag herhaal.
"Die kar is kwart!" Hoekom moet Ouma dit altyd laat klink of 'n moord gepleeg word as sy vir iets skrik, wonder ek vies.
"Ma, ek ken my kar, ons sal dit maak!" en ek draai summier terug na my droom oor flitsende bome toe. Twintig minute later kom dit weer.
"Die petrolliggie is aan!!"
"Ja, en?" vra ek vies.
"Ek gaan brandstof ingooi," sê Ouma. Leeu-Gamka flits verby, met die laaste petrolpomp voor Beaufort-Wes.
"Ma, die kar sal hou tot Beaufort. As Ma nou petrol ingooi, neuk Ma met my beplanning rond. Buitendien, mens ry amper 60 kilometer op die reserwetenk." Ouma reageer deur die stuurwiel so styf vas te hou dat haar vingers wit raak.
"Dis nog sewentig kilometer," antwoord sy met 'n dun stemmetjie. "Wat gaan jy maak as ons gaan staan?"
"Dan vat ek maar 'n ou botteltjie en stap dorp toe," kom my ongeërgde reaksie. Ek haat dit as Ouma haar stresse op ons almal uithaal. "Ma, ontspan! Ons sal dit maak! Ry net stadiger." Ek het immers al voorheen van Kaapstad af gery met hierdie kar en ons het gery tot by die petrolpomp anderkant die dorp.
Kommer is egter aansteeklik. Ek betrap myself dat ek die kilometers aftel. Ouboet vra elke vyfhonderd meter bekommerd hoe ver dit nog is. Kleinboet is 'n ewige terggees. Elke keer as sy broer dit vra, sê hy, "Ons gaan sonder petrol staan!" wat 'n semi-tranerige tirade uitlok oor "boetie lelik is met hom." Toe die 10 kilometer bordjie uiteindelik verbykruip, is my geduld op en ek sê in my kwaaiste nie-bulderstem vir hulle om stil te bly. Die laaste bult voor Beaufort-Wes doem eindelik op.
"Ek het mos gesê ons gaan dit maak!" sê ek triomfantelik. Ouma reageer nie, maar trek van die pad af. "En nou?" vra ek.
"Ons stop."
"Vir wat? Dis net 'n bult. Trap die petrol dieper in!" Soms kan pa's regtig dom opmerkings maak.
"Ons kan nie meer ry nie."
"Hoekom?"
"Want ons het sonder petrol gaan staan!!" bulder Ouma die ooglopende nuus uit.
Oeps. Sonder 'n woord klim ek uit die kar uit en vat die leë koeldrankbottel en my beursie.
"Waarheen gaan Pappa?" huil die seuns.
"Pappa gaan petrol haal," sê Ouma. "En ons gaan net hier wag." Ek begin wegstap. Ek weet nie of ek 'n uur gaan stap of 'n halfuur nie. Ek weet nie of ek moet duimgooi nie. Die pad is besig en karre swiep onverpoosd by my verby. Vyf treë verder stop 'n kar langs my.
"Kan ons help?" vra die vrou in die voorste passasiersitplek vriendelik.
"Ek het my misgis met die hoeveelheid petrol in my kar," verduidelik ek verleë. Ek het lanklaas sulke dierbare mense teëgekom. Hulle het verbygery, my gesien wegstap van die kar af met Ouma nog binne-in en gedink, siestog, die arme mense. Toe draai hulle om en laai my op. Eintlik is hulle oppad Kaap toe vir 'n vakansie aan die Weskus. Terug by my eie motor skud ek dankbaar die barmhartige samaritaan se hand.
"Is daar geen manier waarop ek jou kan vergoed nie?" vra ek toe hy regmaak om weg te ry.
"Ek gaan baie kwaad wees as jy dit probeer doen," kom die vriendelike antwoord. Die seuns skree hulle blydskap uit toe ek terugklim in die kar. Maar Ouma sit haar sit in die passasiersitplek en gee woordeloos vir my die kar se sleutel.
"Ek het in jou kar se boekie gekyk," sê sy na 'n rukkie, "hulle skryf as die petrolliggie begin brand, moet jy so gou as moontlik brandstof ingooi!"
2009-02-20
WHEN THE SHIP IS SINKING

It is very appropriate that the Naked Pastor (and might I dare say an online friend of mine?), David Hayward, posted the following cartoon in his time of tribulation (go see what I refer to ons his website, available here).
I think we should do some introspection (we, being the organised church) on the way we deal with differing opinions, faith crises and people's life crises. I am still thinking on this - when we cloud our calling to a broken world with a lens of sin primarily, we tend to view everybody as sinners. Therefore, guilt and repentance becomes the mechanism of choice to help the sufferers.
Shouldn't we first save lives, extend unconditional grace and love and the living presence of God through Jesus before we start poking in eyes looking for pieces of wood? To tell people to confess and repent is NOT the only way to communicvate God's love.
Thanks, David, for helping me articulate something of the theological issue I am currently wrestling with, even if it is only partial.
DO YOU ALSO FACEBOOK?
I recently read an article about Facebook on the Afrikaans newspaper, Beeld. It discussed the extent and impact of the social Website Facebook - currently the biggest social website in the world. The original article can be found here.
Did you know ...
- Facebook has more than 150 million active users (This is three times more than the population of South Africa).
- If Facebook was a country, it would have been the seventh most populated country in the world.
- The average Facebook user has 120 Facebook friends (I currently have 259 Facebook friends).
- More than 15 million Facebook users change their status on a daily basis (I don't).
- More than 850 million photo's and 5 million video's get posted every month.
- More than 70% of Facebook users live outside the USA.
- Facebook gets used in more than 35 languages and 170 countries. (I actually changed my Facebook language to Afrikaans, just because it's available)
2009-02-18
NEW TRENDS IN CONGREGATIONAL MINISTRY
Church Services as Opportunities for Corporate Worship. The focus of a church service falls less on preaching as the opportunity to equip or teach. According to the stories in Acts 2-11 there is a growing conviction that the corporate gathering of a congregation is more appropriate of viewed as an event for meeting God. From the beginning of the service to the benediction at the end, the intention is to allow congregation members to stand together in the presence of the living God where they can worship and meet Him. That is the reason for the shift towards more informal – spontaneous – church services with an obvious break from formal liturgies. It is also the reason why praise and worship songs get a more prominent place in contemporary worship services. More importantly, the intentional incorporation of a congregational prayer moment where church members can kneel together before God and place the needs of the community before God is needed.
The congregation as mission station. In his classic work on the Christendom Paradigm, The Once and Future Church, Loren Mead showed how the contemporary church has been reduced to a cultural phenomenon. People belong to the church because it is part of the upbringing and cultural identity. In the mean time, the world wrote off the church. However, congregations still minister from the premise that the people within their borders are Christian and that they should only reach out to their own (members of the denomination). The growing consensus that the church should function missional necessitates the leap towards a focused approach that transforms every congregation’s calling within its specific community into a missionary calling – in other words, specific outreach to every person to proclaim the good news of Christ’s redemption in a fresh new way.
A New Focus on Spirituality. The popularity of the spiritual among non-churched people opens the door wide for the church to present the gospel of the risen Christ. However, this openness to search for God doesn’t translate into growth for the church as official religious organization. George Barna wrote in his book, Revolution, that a growing amount of believers maintains their relationship with Christ outside the walls of any church. This trend translates into an innovative search for ministry structures by congregations to take the practices of Christianity into the marketplace and sports arena. Discipleship and spiritual formation is becoming crucial elements of a church’s ministry strategy.
A Fresh Telling of the Gospel Story. The last trend that asks a paradigm shift in ministry which we discuss here, is the growing conclusion that the traditional proclamation of the gospel no longer reach twenty first century people. This is essentially a theological question, interwoven with the way we read the Bible. Ron Martoia said in his book, Transformational Architecture, that we reduced the Bible to a set of propositional statements that explain salvation and that we further on focus on the communication of information. We miss the reality that the Bible testimony is of God’s work on earth by way of a collection of stories. This is why no less that four accounts of Jesus’ earthly ministry exist. The challenge to the church lays in giving greater detail to the so-called metanarrative of the faith – a becoming busy with the Bible itself to find the depth dimensions and nuances of the Biblical narrative, and thereafter retelling it with greater honesty.
An atheist acknowledges the need for God
Sendelinge, eerder as ontwikkelingshulp, is die oplossing vir Afrika se grootste probleem: Die verpletterende passiwiteit van sy mense se ingesteldheid, skryf Matthew Parris.
Voor Kersfees verlede jaar het ek ná 45 jaar teruggekeer na die land wat ek as ’n kind geken het as Njassaland. Vandag is dit Malawi. Die klein Britse welsynsorganisasie Pump Aid help plattelandse gemeenskappe daar om eenvoudige waterpompe te installeer wat die mense in staat stel om die waterputte in hul dorpies geseël en skoon te hou.
Ek het gaan kyk na dié werk. Dit het my tanende geloof herstel in welsynsorganisasies wat ontwikkelingswerk doen.
Om in Malawi te reis, het ook ’n ander oortuiging hernieu: een wat ek my lewe lank probeer verban, maar ’n waarneming waaraan ek sedert my Afrika-kindsbeen nie kan ontkom nie.
Dit stuur my ideologiese oortuigings in die war, weier hardnekkig om in te pas by my wêreldbeskouing, en is ’n verleentheid vir my groeiende oortuiging dat daar nie ’n God is nie.
Ek is ’n oortuigde ateïs. Tog het ek onder die indruk gekom van die enorme bydrae wat Christelike evangelisasie in Afrika lewer: dit is radikaal anders as die werk van sekulêre nie-regeringsorganisasies (NRO’s), regeringsprojekte en internasionale hulppogings. Sulke pogings alleen werk nie. Opvoeding en opleiding alleen werk nie. In Afrika verander die Christelike godsdiens mense se harte. Dit bring geestelike transformasie. Die wedergeboorte is werklik. Die verandering is goed.
Ek het nog altyd dié waarheid vermy deur sendingkerke se praktiese werk in Afrika te loof. Dis jammer, sou ek sê, dat verlossing deel van die pakket is, maar swart en wit Christene wat in Afrika werk genees wel die siekes, leer wel mense lees en skryf; en net die ongenaakbaarste sekularis kan na ’n sendinghospitaal of -skool kyk en sê die wêreld sou beter af gewees het daarsonder.
Ek sou toegee dat as geloof nodig is om sendelinge te motiveer tot hul goeie dade, dan is dit goed so – maar wat saak maak, is die hulp, nie die geloof nie.
Maar dié siening strook nie met die feite nie. Geloof doen méér as om die sendeling te ondersteun; dit word oorgedra na sy kudde. En dit is dié uitwerking wat so ontsettend saak maak, en wat ek nie kan help om raak te sien nie.
Ons het vriende gehad wat sendelinge was en as kind het ek dikwels by hulle oorgebly. Ek het ook, alleen saam met my jonger boetie, in ’n tradisionele, plattelandse Afrika-gehuggie oorgebly.
In die stad het swart mense wat sterk gelowiges was, vir ons gewerk. Die Christene was altyd anders. Nie dat hul geloof sy bekeerdes onderdruk of ingeperk het nie: dit het gelyk asof hul geloof hulle bevry het. Daar was ’n lewendigheid, ’n nuuskierigheid, ’n betrokkenheid by die wêreld – ’n openheid in hul handeling met ander – wat oënskynlik afwesig was in die tradisionele Afrika-bestaan.
’n Reis in Afrika toe ek 24 was, het dié indruk versterk: van Algerië na Niger, Nigerië, Kameroen en die Sentraal-Afrika- Republiek, en toe deur die Kongo na Rwanda, Tanzanië en Kenia, en eindelik Nairobi, saam met vier studentevriende in ons ou Land Rover.
Ons het onder die sterre geslaap. Teen die tyd dat ons die digter bevolkte en meer wettelose streke suid van die Sahara bereik het, was dit belangrik om elke dag teen skemer ’n veilige slaapplek te vind. Dikwels naby ’n sendingstasie.
Waar ons ookal ’n gebied binnegegaan het waar sendelinge gewerk het, moes ons toegee iets is anders in die gesigte van die mense wat ons teëgekom het: iets in hul oë, die direkte wyse waarop hulle ons benader het, sonder om af of weg te kyk. Hulle het nie eerbiediger geword teenoor vreemdelinge nie – in sekere opsigte eintlik minder so – maar hulle was oper.
Hierdie keer in Malawi was dit dieselfde.
Ek het geen sendelinge ontmoet nie. Maar ek het opgelet dat ’n handjie vol van die indrukwekkendste swart lede van die Pump Aid-span (oorwegend van Zimbabwe) in hulle privaatlewens sterk Christene is.
Een, het ek raakgesien, het ’n gewyde boek in die kar bestudeer. ’n Ander het op ’n Sondag teen dagbreek kerk toe gegaan vir ’n twee uur lange diens. Dit sal my pas om te glo hul eerlikheid, nougesetheid en optimisme in hul werk het niks te doen met hul persoonlike geloof nie. Hul werk is sekulêr, maar word tog sekerlik beïnvloed deur wat hulle is. En wat hulle is, is weer beïnvloed deur ’n denkbeeld oor die mens se plek in die heelal – ’n opvatting wat deur die Christelike geloof geleer is.
Daar is lank al ’n mode onder Westerse akademiese sosioloë om stamgebonde waardestelsels agter ’n ringmuur in te hok, as iets wat immuum is teen ontledings gegrond op ons eie kultuur: “hulle s’n” en daarom die beste vir “hulle”; outentiek en van intrinsiek gelyke waarde aan ons s’n.
Dié benadering is vir my duister. Ek sien tog dat stamdenke niks meer vredeliewend is ons s’n nie en dat dit individualiteit onderdruk. Mense dink kollektief: eerste wat betref die gemeenskap, die uitgebreide familie en die stam. Dié plattelands-tradisionele ingesteldheid voed die “sterkman-” en boewe-politiek van die Afrika-stad: die oordrewe respek vir ’n windmaker leier, en die (letterlike) onvermoë om die hele idee van lojale opposisie te verstaan.
Angs – die vrees vir bose geeste, vir voorvaders, vir die natuur en die wildernis, vir die stamhiërargie, vir alledaagse goed – tref diep in die ganse struktuur van die Afrika-platteland se denke. Elke mens het sy plek en – noem dit vrees of noem dit respek – ’n reuse-las vergruis die individuele gees en demp nuuskierigheid. Mense neem nie die inisiatief nie, neem nie dinge in hul eie hande of op hul eie skouers nie.
Hoe kan ek, as iemand met ’n voet in albei kampe, dit verduidelik? Wanneer die filosofiese toeris beweeg van een wêreldbeskouing na ’n ander vind hy – op die juiste moment wat hy die nuwe binnegaan – dat die taal om die landskap van die oue te beskryf, hom ontglip. ’n Voorbeeld: die antwoord wat sir Edmund Hillary gegee het op die vraag: Waarom die berg klim? “Want dit is daar,” het hy gesê.
Vir die landelike Afrika-gemoed is dít ’n verduideliking van waarom ’n mens nié die berg sal klim nie. Dit is . . . wel, daar. Net daar. Hoekom inmeng? Daar is niks wat ’n mens daaraan kan doen nie. Of daarmee nie. Hillary se verdere verduideliking – dat niemand anders dit geklim het nie – sal vir hulle ’n tweede rede vir passiwiteit wees.
Die Christelike geloof, ná die Hervorming en ná Luther, met sy leer van ’n direkte, persoonlike, tweerigting-band tussen die individu en God, onbemiddel deur die kollektief en nie onderworpe aan enige ander mens nie, slaan ’n bres regdeur die filosofies/spirituele raamwerk wat ek pas beskryf het. Dit bied iets om aan vas te hou vir hulle wat bang is om die belemmerende stamgroepdenke af te skud. Dit is waarom en hoe dit bevry.
Diegene wat wil hê Afrika moet sy bors uitstoot te midde van 21ste eeuse internasionale mededinging, moet hulself nie wysmaak die verandering sal kom deur die verskaffing van die materiële hulpmiddele of selfs die kundigheid wat gepaardgaan met wat ons “ontwikkeling” noem nie. ’n Ganse denkwyse moet eers vervang word.
En ek is bevrees dit moet vervang word deur ’n ander. Om Christelike evangelisering uit die Afrika-vergelyking te haal, kan die vasteland oorlewer aan die genade van ’n kwaadaardige vermenging van Nike, die toordokter, die selfoon en die panga.
· Matthew Parris is in 1949 in Johannesburg gebore en het in die ou Rhodesië (Zimbabwe) grootgeword. Hy was ’n lid van die Britse parlement voordat hy ’n gesiene vryskutjoernalis en politieke kommentator geword het. Dié artikel het in The Times in Brittanje verskyn en word met toestemming hier gepubliseer.